Porterville Toerisme Persoon van die Maand

Porterville Toerisme Persoon van die Maand

Porterville Toerisme se Persoon van die Maand 

KERNEELS JANSEN

Kerneels is woonagtig in Porterville sedert 1990. Hy is al 12 jaar getroud met ‘n wonderlike vrou. Hy is gebore in Namakwaland & het grootgeword in die Cederberge. Kerneels is 99% Boesman. Op 15 jarige ouderdom is Kerneels weermag toe. Hy was in 1 SWA GENIE Regiment. Kerneels se plig was om die Boesmans onder sy vlerk te neem. Sy opleiding het bestaan uit spoorsny, antie spoorsny, kamoeflering, antie kamoeflering, myn oorlogvoering & basisse bou. Hy het ook in 2 operasies deelgeneem as reaksie magte. Kerneels het 2 jaar diensplig gedoen & ‘n verlengde diens van nog 5 jaar. Hy het nie ‘n rang gehad nie, hy was ‘n skutter. Kerneels was gestasioneer in 102 BN in Kaokoland. Hy was gedeeltelik ook gestasioneer in Omega 201 BN in Suid Caprivi onder Generaal Jannie Geldenhuys wat onlangs oorlede is. Hier het Kerneels baie geleer by die Boesmans van spoorsny & antie kamoeflering. Kerneels se hy het die wereld se respek gehad vir die Boesmans. Hy het soms vir hulle part gehuil. Die Boesmans het deelgeneem aan 172 geregistreerde operasies, salute aan die kraaie.
Kerneels, wat sal jy as man onthou? In 3 maande se tyd sien jy hoe verander ‘n rou skollie na die mees gedissiplineerdste man. Dit het my baie vinnig selfstandig gemaak.
Wat het jou trots gemaak? “Suid Afrika het van die beste voetsoldate in die wereld gehad”.
Watse afdeling het jy die meeste admireer. “61 MEG Group. My eenheid het saam met hulle gewerk as logistiek. Daai laaities was vir NIKS bang nie & dit was jong boer klonge wat nog nie eens baard gehad het nie”.
Een spesiale herinnering wat jou altyd sal bybly: “Die pen wat in die middel van die paradegrond in Omega gestaan het met almal se name op. Party van die Boesmans se name kon jy nie eens uitspreek nie en die woorde ‘ONS ONTHOU HULLE”.